SA het 40 000 kommersiële boere
2011-09-06 15:48
Johannesburg – Suid-Afrika het tans sowat 40 000 kommersiële boere wat 95% van die land se voedsel vervaardig, het Ebrahim Patel, minister van ekonomiese ontwikkeling, Dinsdag in Johannesburg gesê.
Slegs sowat 600 000 mense word egter as plaaswerkers in dié sektor erken. Dié sektor is geïdentifiseer as een van die sektore met die potensiaal om werksgeleenthede te skep.
Patel het gesê wetgewing het plaaswerkers se salarisse tot "slegs" meer as R1 000 verhoog, maar sowat die helfte van dié werkmag word maandeliks minder as R100 betaal.
Hy het ook gesê grondhervorming kan nie stop by die uitdeel van grond nie.
Die landboubedryf se persentasie van die bruto binnelandse produk (BBP) het van 4% in 1994 tot sowat 2% gedaal. Kleiner boere benodig hulp met bemarking, vaardighede en toegang tot finansiering vir toerusting, brandstof en kunsmis.
Patel het 'n toespraak op die Food & Allied Workers Union (Fawu) se nasionale kongres in Braamfontein gelewer.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA