SA gyselaar in Nigerië vrygelaat
2010-03-08 21:25
Johannesburg - Nick Greyling, 'n Suid-Afrikaner wat in Nigerië gyselaar gehou is, is Maandagaand vrygelaat.
Die departement van internasionale betrekkinge en samewerking het laat Maandagaand bevestig dat Greyling deur sy ontvoerders vrygelaat is.
Nomfanelo Kota, 'n woordvoerder van die departement, het hul dank aan die Nigeriese regering uitgespreek vir hul samewerking.
Greyling (48) en drie Nigeriërs wat vir M-Net se SuperSport werk, is verlede week in die Nigeriese deelstaat Imo deur ’n groep gewapende mense gyselaar geneem. Hulle was saam met 18 ander kollegas in ’n bus op pad na die Oweri-lughawe.
– Sapa