SA grond 'nie soos in Zimbabwe gegryp'

2010-04-30 07:26
Tweets Share Share line Print

Sapa

Johannesburg - Daar sal in Suid-Afrika geen oornamee van grond volgens die Zimbabwiese manier wees nie.

Só het pres. Jacob Zuma hier by ’n grondwetlike simpo­sium gesê.

“Daar sal geen soortgelyke oornames in dié land wees nie, want ons doen dinge binne die wet,” het Zuma gesê.

Hy het nie spesifiek na Zimbabwe verwys nie, maar burgerregte-groepe en opposisiepartye het vrees uitgespreek dat Suid-Afrika dieselfde pad as dié land in terme van grondhervorming kan loop.

Zuma het egter gesê die manier waarop grondhervorming nou plaasvind, sal hersien moet word.

“Beduidende veranderings sal aan die model van ‘gewillige koper, gewillige verkoper’ aangebring moet word.

“Die regering ondersoek goedkoper maniere van grondhervorming.” Daar word na ’n meer “pragmatiese” formule gekyk.

“Die algemene siening, die model van ‘gewillige koper, gewillige verkoper’, het tot dusver nie goed gewerk nie. Dit is egter baie belangrik dat ons dinge volgens die wet doen.”

Zuma hetin sy toespraak talle onderwerpe – onder meer transformasie, die onafhanklikheid van die regbank, beskerming van die Grondwet en respek vir kulturele diversiteit – aangeraak.

Hy het gesê hy wil ’n gesprek begin om Suid-Afrikaners uit te daag om “in gesprek te tree oor onsself – oor wie ons is”.

“Ons het nog nooit as ’n nasie probeer om dié diversiteit te ontleed nie.”

Hy het gesê hoewel die Grondwet sê ons moet mekaar se diversiteit respekteer, gee “sommiges hulself die reg om ander te veroordeel”.

Hy het gesê dit is belangrik vir die “siel van die nasie” om oor diversiteit te praat. “Ons is verenig in ons verskeidenheid – ons moet kom by ’n plek waar ons almal kan saamstem. Kom ons respekteer mekaar se kultuur.”

Volgens Zuma sal dié dialoog nie polities of regeringsgedrewe wees nie. “Dit sal vir alle Suid-Afrikaners die kans gee om te sê wie ons is, wat ons is en hoe ons ons as nasie moet handhaaf.”

Die simposium, wat deur die Black Management Forum georganiseer is, het onder meer gekyk na die onbedoelde implikasies en gevolge van sekere afdelings van die Grondwet.


- Die Burger

Lees meer oor: jacob zuma  |  grondhervorming

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

ederik.kritzinger sê... Die subsidie sal maak dat klein maatskappytjies wat nie die duur vakbonds lone kan bekostig nie hulle in diens sal kan neem. Daar sal dus meer poste beskikbaar wees vir die wat wel wil werk en werk soek. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

X1 xDRIVE20i AT
2012
R 366,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 64,995.00

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2006
R 185,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.