SA gesin verlaat Zim-plaashuis

2010-01-08 07:20
Tweets Share Share line Print

Sarel van der Walt

Die Suid-Afrikaanse egpaar vir wie plaasbesetters sedert verlede naweek dreig op hul Zimbabwiese plaas, het die plaas gistermiddag verlaat.

Mnr. Dolf du Toit (66), sy vrou, Alida (61), en hul seun, Rudolph (38), het gisteraand by vriende sowat 25km van hul plaas tuisgegaan ná ’n week van drama.

Mnr. Rudolph du Toit was vir meer as ’n dag in die Du Toits se plaashuis op hul plaas in die Nyazura-distrik, sowat halfpad tussen Harare en Mutari in die oostelike hooglande, vasgekeer.

Plaasbesetters het hom eers gistermiddag toegelaat om die huis te verlaat. Die plaasbesetters het ook die Du Toits se klere aan hulle oorhandig en hulle aangesê om die plaas te verlaat.

Die plaasbesetters het verlede Saterdagoggend vir die eerste keer by die plaas opgedaag en geëis dat hulle die plaas oorhandig aan die “ware eienaar” – ene brig. Innocent Chiganze van die Zimbabwiese lugmag.

Die Du Toit-egpaar is vroeër vandeesmaand deur van die plaasbesetters aangerand, maar nie ernstig beseer nie.

Mnr. Dolf du Toit het laat gistermiddag aan Beeld gesê hy en sy vrou was eergisteroggend dorp toe. “Toe ons terugkom, het ek my voorman raakgeloop. Hy het geskree ek moet ‘ry, ry, ry!’, want die plaasbesetters was by die plaashuis en Rudolph daarin vasgekeer.”

Die Du Toits is terug dorp toe om die polisie te vra om te kom help, maar dié wou nie. “Ons het toe ons ambassade in Harare gebel. Dié het ’n mnr. Simmins hierheen gestuur. Hy het alles in sy vermoë gedoen, maar eerstehands ons frustrasies met die polisie hier ervaar.

“Hy kon wel reël dat die polisiehoof in Mutare beveel dat die polisie saam met ons uitkom plaas toe.

“Rudolph was vanoggend (gisteroggend) nog in die huis vasgekeer en ons het gevra hy moet toegelaat word om uit te kom. Ons wou ook ons klere hê.

“Alida (mev. Du Toit) is toestemming gegee om in te gaan en die klere te gaan haal, maar ek kon nie, want ek was glo te cheeky,” het Du Toit vertel. “Rudolph is toegelaat om uit te kom. Hy is ’n bietjie getraumatiseer.”

Chiganze het later self by die plaas opgedaag. “Toe hy my beeste sien, het hy gesê hy belowe hy sal na na hulle omsien. Hy het ook onderneem dat hulle niks uit my twee huise of my werkwinkel sal dra nie en gesê ‘ons kan verder onderhandel’.”

Die besettings kom slegs enkele weke nadat Suid-Afrika en Zimbabwe ’n handelsooreenkoms onderteken het wat Suid-Afrikaanse boere die reg gee om op vergoeding aan te dring as hul grond onwettig oorgeneem word.

Mnr. Charles Taffs, visepresident van die Zimbabwiese Commercial Farmers’ Union (CFU), het vroeër in ’n verklaring gesê landwyd word 152 van die oorblywende 300 kommersiële plase in die land geteiken. Volgens hom is daar inligting dat mnr. Didymus Mutasa, ’n voormalige Zimbabwiese minister van grondsake, agter van die besettings sit.

- Beeld

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: zimbabwe  |  plaasbesetting

Lewer kommentaar op hierdie artikel
13 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Gotterdammerung sê... As oud SAP spec eenheid lid kan ek nie glo die totale verval van die polisie nie, ek het gister gevra oor opleiding maar al wat ek gekry het was 'n paar snedige kommentare - my gevolgtrekking is dat baie gelukkkig is met die status quo so moet nie kla nie - die polisie is suksesvol getransformeer Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 14-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-21°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 5-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-27°C Sunny. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Business Intelligence Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
Market Related

Android Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R400000 - R420000

Business Analyst

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 1.8 EXECUTIVE AT
1999
R 79,990.00

OPEL

Astra Classic 1.8 CDE AC
2003
R 101,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.4 Trendline 5-dr MY05
2006
R 104,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.