Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 

SA ekonomie gaan groei, maar minder sal poste kry

2011-11-20 11:52
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Die beste van tye, die slegste van tye. Só sal 2012 wees.

Volgens ekonome behoort Suid-Afrika se ekonomie volgende jaar te groei, ondanks die droewige wêreldwye ekonomiese toestande.

Dit is wel ’n uitgemaakte saak dat die werkloosheidskoers van amper 25% nog verder gaan styg in die nuwe jaar.

Vrese bestaan dat Westerse lande en Japan se staatskuld volgende jaar kan handuit ruk en na die res van die wêreld oorspoel en selfs ’n volgende resessie teweeg bring.

Statistieke SA het verlede maand aangekondig 350 000 werkgeleenthede het verlede jaar in Suid-Afrika verlore gegaan.

Sommige ekonome voorspel nog 468 000 werkers kan volgende jaar hul werk verloor.

Dít terwyl die International Labour Organisation nou bevind het Suid-Afrika is een van die lande wat naas Spanje, met ’n werkloosheidsyfer van 20,1%, van die ergste werkloosheidskoerse ter wêreld het.

Volgens die arbeidsmakelaar Adcorp is 49 306 werkgeleenthede net in Augustus afgeskaf.

Mike Schüssler, direkteur van Economists.co.za, sê hy is meer bekommerd oor toenemende werkloosheid as oor ekonomiese groei volgende jaar.

“Die sake-omgewing gaan beslis uitdagend bly.

“Die oorsese skuldkrisis begin al klaar ’n invloed hê op ons ekonomie.

“Dit wil voorkom of ekonomiese groei nie tot die punt van ’n resessie behoort te verswak nie.

“Ek verwag dat ekonomiese groei onder 2,5% gaan wees.

“Dit is beslis nie genoeg om werkskepping te bewerkstellig nie,” sê Schüssler.

Prof. Tommy du Plessis, direkteur van die Potchefstroom Besigheid­skool (PBS), sê die meeste plaaslike kleinsakeondernemings is nie in staat om langer as twee jaar lank te oorleef nie.

“Hulle kan bloot nie enige onstuimigheid hanteer nie en wanneer daar ’n insinking is in die ekonomie sluit hulle die een ná die ander hul deure.”

Die probleem is ’n gebrek aan steun en bestuurskundigheid, sê Du Plessis.

Volg Nuus24 op Twitter

- Rapport

Lees meer oor: ekonomie  |  resessie  |  finansies
VOLGENDE OP NUUS24X

Winnie weer by Madiba

2013-06-18 17:57

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24


140
1
1 van 10

Nuutste Nuus-kommentaar

Erik Prinsloo sê... Nar!!!!! Kind skaam seker sy oe uit sy kop vir sy pa. Watter lewensles leer hy sy kind! Lees die storie...

 
Verkeer
Lotto
 
  • Tuesday Durban - 18:30 PM
    Road name: Chris Hani Road
    TRAFFIC LIGHTS not working at Sea Cow Lake Road
  • Tuesday Durban - 18:30 PM
    Road name: M7
    TRAFFIC LIGHTS not working at the Bellair / Wakesleigh Road exit
 
Nog verkeersverslae...
 

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Aquarius Suites - Blouberg Strand, Cape Town

Spend 2 nights for R2 710 per person sharing at Aquarius Suites - Blouberg. The special includes accommodation, return flights, airport taxes, car rental and local travel insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Winskopie van die week – kry tot 60% afslag!!

Kry tot 60% afslag op DVD’s, Blu-rays, speletjies en musiek dié week by kalahari.com. Aanbod geldig tot 23 Junie solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Leapster GS Explorer + gratis speletjie

Ervaar al die vinnige aksie, nou met ’n nuwe opwindende ontwerp, wat volgepak is met opvoedkundige elemente vir kinders en kry ’n gratis speletjie. Koop nou!

Asus VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm

Bespaar R1000 op Asus se VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm, dubbelkernverwerker, Windows 8, 2GB RAM en 500GB se bergingsruimte. Afgelewer binne 24 uur + gratis aflewering. Koop nou!

Ashes-krieket 2013

Kry die amptelike video-speletjie van die 2013 Ashes-krieketreeks. Beskikbaar vir Wii U, PS3, Xbox & PC. Vandeesweek beskikbaar. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.