SA-dokter in Ierse hof oor nalatigheid

2011-03-23 07:59
Tweets Share Share line Print

Sasolburg - ’n Dokter van dié dorp is deur ’n bedroefde Ierse weduwee in ’n hooggeregshof in Ierland daarvan beskuldig dat hy na bewering vir haar man se dood verantwoordelik is, omdat hy glo die verkeerde medisyne vir voedselvergiftiging toegedien het.

Dié vrou eis nou skadevergoeding in die hooggeregshof in Cork, Ierland se naasgrootste stad.

Luidens ’n berig in The Irish Times het dr. Johan Dirk van der Meer sy adres by die hof opgegee as “Sasolburg, South Africa” en ook aanspreeklikheid vir die Ier se dood erken.

Gerry Curran, woordvoerder van die Ierse hooggeregshowe, het Dinsdag per e-pos aan Volksblad bevestig Van der Meer staan tereg op ’n aanklag van mediese nalatigheid.

Hy het ook die skadevergoedingseis, maar sonder ’n bedrag, bevestig.

Colm O’Donovan (31) van Dunmanway in die suidweste van Ierland is op 7 Augustus 2004 dood nadat hy vir ’n maagaandoening behandel is, lui die berig verder.

Sy vrou, Patricia, het Van der Meer, asook die organisasie South West Doctors On Call Ltd, wat bedryf word as South Doc, gedagvaar.

Daar word in die hof aangevoer Van der Meer het ten tyde van O’Donovan se dood vir South Doc gewerk en dat dié organisasie plaasvervangend aanspreeklik is vir die dokter se beweerde optrede.

Luidens The Irish Times het mev. O’Donovan voor die hof beweer Van der Meer was nalatig deurdat hy haar man met die verkeerde medisyne, naamlik Largactyl, behandel het.

Dit het wyle O’Donovan se reeds ernstige siekte glo “versnel”.

Van der Meer het na bewering dié inspuiting toegedien nadat ’n ander dokter O’Donovan behandel het, maar hy geen verbetering getoon het nie.

Mev. O’Donovan sê volgens Van der Meer is die gebrek aan verbetering daaraan te wyte dat O’Donovan se liggaam “sleg gereageer” het op die eerste inspuiting, berig die koerant.

Van der Meer het O’Donovan by sy huis gaan inspuit.

In die hofstukke beweer die weduwee Van der Meer het na bewering sy pligte swak uitgevoer deurdat hy haar man nie behoorlik ondersoek het nie, nie na ’n hospitaal verwys het nie, nie O’Donovan as ernstig siek geklassifiseer het nie, en ook nie vaardighede wat van ’n “huisdokter verwag word”, toegepas het nie.

Voorts het Van der Meer glo ook nie ’n tweede mening ingewin oor O’Donovan se siektetoestand nie.

Sy betwis Van der Meer se kwalifikasies en bekwaamheid as huisdokter.

Regter Iarfhlaith O’Neill moet die eis van skadevergoeding bereken, skryf dié Ierse koerant.

Curran sê die verhoor duur vandeesweek voort.

Die prokureursfirma Ernest Cantillion and Company in Cork tree vir mev. O’Donovan op.

- Volksblad

Lees meer oor: hof

Lewer kommentaar op hierdie artikel
10 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

ederik.kritzinger sê... Die subsidie sal maak dat klein maatskappytjies wat nie die duur vakbonds lone kan bekostig nie hulle in diens sal kan neem. Daar sal dus meer poste beskikbaar wees vir die wat wel wil werk en werk soek. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

X1 xDRIVE20i AT
2012
R 366,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 64,995.00

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2006
R 185,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.