SA-diplomaat ernstig beseer in botsing
2009-11-14 02:49
Johannesburg – ‘n Senior Suid-Afrikaanse diplomaat is vroeg Saterdagoggend ernstig beseer in ‘n botsing in Durban se Isipingo-area in KwaZulu-Natal.
Volgens Jeff Wicks, Netcare 911-woordvoerder, het Ntombile Mabude, Suid-Afrika se diplomaat aan Malawi, ernstige kopbeserings in die botsing opgedoen. Sy is na die St. Augustine-hospitaal geneem.
Haar lyfwag het ook geringe beserings opgedoen.
Na bewering het ‘n sekuriteitsvoertuig by ‘n kruising in Mabude se luukse motor vasgejaag. Die presiese oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie.
–Sapa