SA boere soek groener weivelde
2010-12-30 14:57
Kaapstad – ‘n Aantal Suid-Afrikaanse boere oorweeg dit glo sterk om hul tasse te pak en om in Georgië te gaan boer, het die Transvaalse landbou-unie (TLU) Donderdag gesê.
“Heelwat boere wat nie meer kans sien om in Suid-Afrika voedsel te produseer nie, sowel as ander persone wat belangstel, kan na Georgië gaan vir ‘n nuwe begin,” het die unie in ‘n verklaring gesê.
TAU het vroeër vanjaar ‘n ooreenkoms met Georgië onderteken om Suid-Afrika se lanbou-kennis en vaardighede te deel.
Die unie was Oktober met ‘n feitesending na dié land.
Daar sal nou twee toere gereël word vir belangstellendes om Georgië te besoek. Die eerste toer is vanaf 24 tot 29 Januarie en die tweede vanaf 7 tot 11 Februarie.
“Die toere sal vir ‘n boere ‘n goeie insig gee tot die moontlikhede in Georgië.”
‘n Webtuiste is ook op die been gebring vir belangstellendes.
Volgens Bennie van Zyl, TAU se algemene bestuurder, bied Georgië gunstige geleenthede vir beleggings in beide die landbou en ekonomiese gebiede.
“Nog ‘n trekpleister is die feit dat die regering die misdaad-situasie heeltemal omgekeer en onderbeheer het,” het Van Zyl gesê.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA