SA boere na Angola genooi
2010-02-17 13:02
Kaapstad - ‘n Afvaardiging van die Angolese departement van landbou het Suid-Afrika die afgelope week besoek om boere te nooi om in dié land te belê.
Theo de Jager, ondervoorsitter van Agri SA, sê sy organisasie Dinsdagaand met die afvaardiging in Pretoria vergader.
Angola wil Agri SA nooi om in April vanjaar besoek af te lê en kommersiële landbou-ontwikkeling in dié land te bespreek.
Volgens De Jager gee die land voorkeur aan vennootskappe met Angolese wat grond en waterregte besit in die middel en suidelike provinsies.
Hy sê dié regering wil ook sy afhanklikheid van invoere vanuit Europa en Suid-Afrika verminder, en tegnologiese landbou-ontwikkeling stimuleer.
Lees meer op landbou.com