SA bel Zuma se lyn aan die brand

2009-09-15 18:57
Tweets Share Share line Print

Pretoria - Pres. Jacob Zuma se tolvrye presidentsklagtelyn het Dinsdag tussen 06:00 en 13:30 meer as 11,959 oproepe ontvang en die telefoon het nog nie ophou lui nie.

Vusi Mona, woordvoerder, het gesê die volumes oproepe wat deurkom strek vanaf 1100 tot 1500 per uur.

"In die laaste uur het ons sowat 1158 oproepe ontvang. 8001 mense het deurgekom tot by die verwelkomingsboodskap en het hul taalkeuse gemaak. 3958 het nie deurgekom nie."

Van die 8001 oproepe wat deurgekom en 'n taalkeuse gemaak is, is 492 oproepe beantwoord deur agente. Die oorblywende 7509 kon weens die hoë volume oproepe nie beantwoord word nie.

"Sowat 60% van die oproepe wat deurkom is fopoproepe of  word deur swak konneksie afgesny."

31 mense hanteer die oproepe en afhangend van die klagte herlei dit na regeringsdepartemente en provinsiale regerings regoor die land.

Zuma het in Mei tydens sy “dankie sê”-toer in Soweto en Alexandra belowe sy regering gaan toeganklik en aanspreeklik wees.

 Hy het tóé onderneem om ’n klagtelyn in sy kantoor te installeer waar mense oor dienslewering en ander kwessies kan kla.

Hy het ook onderneem om terugvoering te gee oor hoeveel oproepe die klagtekantoor ontvang en wat die aard van die probleme is.

Die nommer is 17737.

– Sapa



 

Lees meer oor: dienslewering  |  jacob zuma

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

adoons.weber.9 sê... Stuur hulle Zimbabwe toe. Dit is goedkoper en hulle is oor 6 maande volwaardige iDoktela's. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

RENAULT

Clio 1.4 Expression 5-dr
2006
R 99,999.00

ISUZU

KB300 DTEQ D-Cab LX AT Dsl PU MY07
2011
R 299,994.00

ISUZU

KB250 c LWB Fleetside Dsl AC PU MY07
2011
R 180,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.