SA-Rooi Kruis skenk R1 miljoen aan Haïti
2010-02-24 01:45
Johannesburg - Die Suid-Afrikaanse Rooi Kruis-vereniging het Dinsdag R1 miljoen aan hul internasionale sustersvennote oorhandig ter ondersteuning van die projek wat slagoffers in Haïti help.
“Die terugvoering van die Suid-Afrikaanse gemeenskap was absoluut fenomenaal,” het Isaiah Modisha, die president van die Suid-Afrikaanse Rooi Kruis-vereniging gesê.
"Mense van reg oor die land het geld geskenk. Ons hoop om nog meer fondse in te samel soos daar voortdurend ondersteuning van mense aangebied word.”
Oor die 200 000 mense het reeds gesterf en sowat 30 000 mense is beseer nadat die land op 12 Januarie deur ‘n massiewe aardbewing geruk is, het statistieke getoon wat deur die regering uitgereik is.
Duisende is van voedsel voorsien.
Oor die 13 000 mense het mediese behandeling van die Internasionale Federasie van die Rooi Kruis- en Rooi Halfmaan-verenigings (IFRC) ontvang.
Oor die 15 miljoen liter skoon drinkwater is ook aan slagoffers verskaf.
-Sapa