SA: Priester verkrag glo man
2011-01-24 23:00
Durban – ‘n Senior Rooms-Katolieke priester van Mthatha is in hegtenis geneem nadat hy glo ‘n 20-jarige man verkrag het, het die nasionale vervolgingsgesag (NVG) gesê.
“Die priester (68) is Sondag in hegtenis geneem en het Maandag in Mthatha in die landdroshof aansoek om borgtog gedoen,” het Luxolo Tyali, NVG-woordvoerder, gesê.
“Die regter het egter nog nie ‘n beslissing rondom die moontlikheid van borgtog geneem nie. Die priester is ‘n buitelander wat in 1998 in Suid-Afrika aangekom het en hou 'n moontlik 'n vlugrisiko in.
“Die verkragting het glo in 2009 plaasgevind,” het Tyali gesê.
Na bewering is die priester betrokke by ‘n huis vir hawelose jeugdiges.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA