SA Airlink se toekoms vandag bekend

2009-12-14 08:02
Tweets Share Share line Print

Fanie van Rooyen

Johannesburg - Die minister van vervoer besluit vandag oor die toekoms van SA Airlink nadat dié lugdiens in drie vliegongelukke die afgelope paar maande betrokke was.

S’bu Ndebele het luidens ’n verklaring Vrydagaand ’n verslag oor dié lugdiens, wat deur die Burgerlugvaartowerheid (BLO) saamgestel is, ontvang.

“Ons het op 11 Desember ’n verslag ontvang wat deel uitmaak van die algemene oudit wat deur die BLO op SA Airlink gedoen is,” het Ndebele gesê.
Thami Ngidi, woordvoerder van die departement, het gister gesê die BLO het namens die minister oor die naweek met SA Airlink vergader om hul kans te gee om hul saak te stel en antwoorde te gee op die vrae wat in die verslag gestel word.

“Die minister sal môre die tweede verslag van die BLO, oor hul vergadering met SA Airlink, ontvang en daarna sal die BLO-verslae se bevindinge bekend gemaak word en ’n besluit sal geneem word oor die toekoms van die lugdiens,” het Ngidi gesê.

Hy het gesê dit is van groot belang om “die lug so gou moontlik te suiwer”.

Dit kom nadat ’n SA Airlink-vliegtuig verlede week met meer as 30 passasiers by die George-lughawe van die aanloopbaan geloop en op die N2-hoofweg tot stilstand gekom het.

Niemand is in die ongeluk beseer nie.

Op 2 Julie het ’n SA Airlink-vliegtuig twee keer onklaar geraak op pad na Nelspruit.

Op 24 September moes nog ’n Airlink-vliegtuig ’n pletterlanding in Durban doen.

Kapt. Alistair Freeman, die vlieënier, is later aan sy beserings dood.

Op 18 November het ’n Airlink-vliegtuig met 32 passasiers van die aanloopbaan by die Port Elizabeth-lughawe geloop.

Afhangende van die bevindinge van die BLO-verslag en SA Airlink se antwoord op die verslag kan Ndebele besluit om die bedryf van die lugdiens te staak, om die lugdiens tyd te gee om moontlike probleme op te los of om die lugdiens “gesond” te verklaar.

- Beeld

Lees meer oor: vliegongelukke  |  sa airlink

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

adoons.weber.9 sê... Stuur hulle Zimbabwe toe. Dit is goedkoper en hulle is oor 6 maande volwaardige iDoktela's. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

RENAULT

Clio 1.4 Expression 5-dr
2006
R 99,999.00

ISUZU

KB300 DTEQ D-Cab LX AT Dsl PU MY07
2011
R 299,994.00

ISUZU

KB250 c LWB Fleetside Dsl AC PU MY07
2011
R 180,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.