Ryk Neethling se ma byna geskiet

2010-05-25 08:36
Tweets Share Share line Print

Mia Willemse, Beeld

Johannesburg - Die swemmer Ryk Neethling se ma, San-Marié, het ’n noue ontkoming met drie rowers in sy huis in Lynnwood, Pretoria, gehad toe een haar aan die keel gegryp en ’n ander een ’n skoot afgevuur het.

Hy het mis geskiet.

Dit is die vierde misdaadvoorval in die swemmer se huis die afgelope vier jaar.

In 2006 was hy twee keer die slagoffer van huisbrake en in 2007 weer ’n keer.

In dieselfde jaar is San-Marié Neethling in Johannesburg deur ’n breek-en-grypdief in die gesig geslaan toe sy en haar gesin op pad was om vir hul dogter, Elsje Neethling-Blair, in die Wilgeheuwel Life-hospitaal in Roodepoort te gaan kuier.

Ao. Dwayne Lightfoot, polisiewoordvoerder, het Maandag gesê die voorval het Sondag omstreeks 16:30 gebeur.

“San-Marié Neethling was op die boonste verdieping toe sy die honde hoor blaf.

“Sy het by ’n venster uitgekyk en gesien hoe drie verdagte mans die elektriese hek by die oprit se motor afbreek en die hek oopforseer.”

Lightfoot het gesê hulle vermoed die mans is tussen 25 en 27 jaar oud.

Volgens hom het mev. Neethling by die trappe af gestap tot op die grondvloer waar sy haar in die twee van hulle vasgeloop het.

Die derde een het in ’n motor by die oprit vir die ander twee gesit en wag.

Volgens Lightfoot het een van die twee mans mev. Neethling aan die keel gegryp, maar sy het haarself losgewikkel en uit die huis gehardloop.

“Die man in die motor het geskreeu sy moet ophou hardloop, anders gaan hy skiet. Sy het nie gestop nie en toe skiet hy.”

Volgens Lightfoot het San-Marié Neethling, wat nie raak geskiet is nie, net aanhou hardloop.

Intussen het die ander twee ’n plasma-TV uit die huis gedra en in die motor waarin hul makker gewag het gespring, waarna hulle weggejaag het.

Dit is al wat hulle gebuit het.

San-Marié Neethling het aan Volksblad gesê sy wil eers met haar seun, wat elders in Afrika is, praat voordat sy kommentaar lewer.

Die polisie ondersoek die voorval.

Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Volg Beeld op Twitter.

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: ryk neethling  |  rooftogte  |  bekendes  |  misdaad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
5 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

oupaoumascheepers sê... Belastingbetalers geld in die water ! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2006
R 229,900.00

ISUZU

KB250 c LWB Fleetside Dsl AC PU MY07
2009
R 129,995.00

HYUNDAI

Getz 1.4 GL 5-dr MY07
2007
R 89,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.