Rusie breek uit by ANC-konferensie
2011-12-17 23:00
Johannesburg – 'n Onderonsie het Saterdag in Polokwane tussen joernalise en ANC-amptenare uitgebreek oor naamplaatjies vir beweerde onwettige afgevaardigdes by die party se konferensie.
Joernaliste by die konferensie het 'n wenk ontvang dat onwettige afgevaardigdes akkreditasie verkry by 'n winkel wat afdrukke maak.
Toe hulle by die winkel opdaag, het hulle mense gekry wat in 'n ry wag vir naamkaartjies.
Die onderonsie het ontstaan toe die joernaliste verhoed is om foto's te neem.
Een joernalis is met 'n baksteen gegooi, sy kamera is by hom afgeneem en die geheuestokkie is vernietig.
Die kamera is later terugbesorg. 'n Saak van aanranding en opsetlike saakbeskadiging is aanhangig gemaak.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA