'Rus in Vrede, Broer Leier,' sê ANC-jeugliga

2011-10-21 23:11
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Die ANC-jeugliga het hulde betoon aan die gesneuwelde Muammar Gaddafi as ‘n anti-imperialistiese martelaar en wou weet wie volgende sal wees.

“Broer Leier is meedoënloos deur rebelle-magte, wat deur Navo bewapen is, doodgemaak.

“Navo het Libië binnegeval om hul hande op dié land se natuurlike hulpbronne te kry,” het ‘n woordvoerder vir die ANC-jeugliga Floyd Shivambu in ‘n verklaring gesê.

Die verklaring is gemaak ná foto’s van Gaddafi se bebloede lyk wêreldwyd gepubliseer is.

Hy is volgens berigte naby Sirte doodgeskiet waar hy in ‘n beton-pyp weggekruip het.

Volgens Shivambu het Gaddafi imperialistiese oorheersing in Afrika teengestaan en nooit tot die dreinering van natuurlike hulpbronne in Afrika ingestem het nie.

Hy het, volgens Shivambu, besef dat dié gebruik moet word vir die opbouing van Afrika-nasies.

Shivambu het verder gesê dat die doodmaak van Gaddafi “as inspirasie dien vir vryheidsvegters dwarsoor die wêreld”.

“Soos Kolonel Gaddafi, sal ons tot die bitter einde veg en is ons gereed om die hoogste prys te betaal sodat Suid-Afrika en Suid-Afrika se hulpbronne in die regmatige eienaars se hande bly,” het hy namens die ANC-jeugliga gesê.

Hy het gesê dat die stryd om ekonomiese vryheid nooit maklik sal wees nie, want imperialistiese agente infiltreer die onderdruktes en beeld anti-imperialistiese vegters, soos Gaddafi, as die vyand uit.

Shivambu het gesê dat die enigste gepasde reaksie op Gaddafi se dood ‘n hernude toewyding tot die stryd om ekonomiese vryheid “in ons leeftyd”.

“Die enigste vraag wat ons kan vra is: Wie is volgende?

“Rus in Vrede, Broer Leier,” het Shivambu gesê.

Volg Nuus24 op Twitter.

- SAPA

Lewer kommentaar op hierdie artikel
36 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Blip sê... Vryheidsparty? Die klein spintergroepie van die klein Inkatha partytjie? Wie gee om? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

RENAULT

Clio 1.4 Expression 5-dr
2006
R 99,999.00

ISUZU

KB300 DTEQ D-Cab LX AT Dsl PU MY07
2011
R 299,994.00

ISUZU

KB250 c LWB Fleetside Dsl AC PU MY07
2011
R 180,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.