Ruda Landman keelvol vir rassisme

2011-10-09 09:56
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Sy is keelvol daarvoor dat rassiste aanneem sy is een van hulle net omdat sy wit is.

Daarom gaan sy nie meer stilbly as mense met haar rassistiese geselsies probeer aanknoop nie, het ’n verontwaardigde Ruda Landman die afgelope week aan Rapport gesê.

Landman, gerekende TV-joernalis, het die stryd verklaar teen nie net rassisme nie, maar ook teen stilswye oor rassisme, nadat iemand haar by die Clover Aardklop-kunstefees ongevraagd by ’n neerhalende gesprek oor swart mense probeer betrek het.

Landman vertel sy was Maandagaand op die Aardklop-fees­terrein op Potchefstroom waar sy saam met ’n groep vreemdelinge gewag het vir ’n taxi wat feesgangers op die terrein rondkarwei.

Meteens het ’n vreemde vrou, wat haar as TV-persoonlikheid herken het, nader gestaan en gevra hoekom daar soveel Engelse en swart mense op M-Net te sien is. “Jy kan deesdae op elke kanaal ‘pick-a-boy’ speel,” het die vrou gesê en aanbeweeg voordat Landman haar kon antwoord.

Sedertdien kan sy haarself skop dat sy nie die geleentheid gebruik het om die vrou te vertel wat sy van haar rassistiese idees dink nie.

“Daar is ’n aanname by sulke mense dat jy met hul praatjies sal saamstem.”

Die afgelope Donderdag het Landman selfs by ’n openbare lesing uit die gehoor opgestaan om haar spyt oor die voorval met ander feesgangers te deel.

“Ons moet ophou om uit ordentlikheid stil te bly as mense sulke dinge kwytraak,” het sy ná die tyd aan Rapport gesê. “Ek is skaam oor wat gebeur het. Daardie vrou het daar weggeloop onder die indruk dat ek met haar saamgestem het omdat ek niks gesê het nie. Ons gaan almal moet leer om daardie soort rassisme te konfronteer.”

Volg Nuus24 op Twitter

- Rapport

Lees meer oor: ruda landman  |  rassisme

Lewer kommentaar op hierdie artikel
234 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Blip sê... Vryheidsparty? Die klein spintergroepie van die klein Inkatha partytjie? Wie gee om? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

C# Developer

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R180000 - R300000

Business Analyst

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R30000 - R40000

SAP Analyst – Automotive Industry

South Africa. Port Elizabeth
Hire Resolve
R300000 - R420000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

RENAULT

Clio 1.4 Expression 5-dr
2006
R 99,999.00

ISUZU

KB300 DTEQ D-Cab LX AT Dsl PU MY07
2011
R 299,994.00

ISUZU

KB250 c LWB Fleetside Dsl AC PU MY07
2011
R 180,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.