Rowers, verbyganger in Oos-Kaap doodgeskiet
2011-11-08 18:49
Johannesburg – Vyf rowers en ‘n verbyganger is Dinsdag doodgeskiet toe die polisie ‘n rooftog in Port Elizabeth gefnuik het, het die polisie in die Oos-Kaap gesê.
‘n Groep van 13 mans, in drie motors, het omstreeks 11:00 op ‘n sekuriteitsvoertuig losgebrand, het brig. Marinda Mills, woordvoerder, gesê.
Die polisie in die gebied het gereageer en ‘n skietery het ontstaan. Vyf rowers is dood en twee ander is gewond. Die gewonde mans is onder polisiebewaking in die Livingstone-hospitaal opgeneem. Twee bendelede is in hegtenis geneem.
‘n Verbyganger is in die kruisvuur doodgeskiet en ‘n ander is beseer.
Vier rowers is in hegtenis geneem. Hul verlate motor is later gevind.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA