Rowers steel kluis, skiet man
2009-12-05 23:07
Johannesburg - Polisie is op soek na drie mans wat ‘n Total Garage beroof en ‘n kliënt oppad uit geskiet het.
“Drie gewapende mans wat gemaak het asof hulle kliënte is, het by die winkel ingestap en die winkel se kluis gesteel,” het konstabel Neldah Hlase gesê.
Oppad uit die winkel uit, het hulle ‘n kliënt, wat oppad in was, geskiet.
Hulle het blykbaar die man in die boonste helfte van sy lyf getref.
Die man is deur paramedici na die naaste hospitaal gejaag.
Niemand is nog in hegtenis geneem nie.
Sapa