Rowers slaan vrou (81) erg in aftreeoord-huis

2012-01-11 08:01
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – ’n Bejaarde vrou van Bronkhorstspruit is so erg deur rowers in die gesig geslaan in haar huis in ’n aftreeoord dat haar gesondheid erg agteruitgaan weens die skok van die aanval.

Ria van Niekerk (81) lê in ’n kritieke toestand in die waakeenheid van die Wilgers-hospitaal in Pretoria.

Twee rowers het haar Saterdagoggend vroeg in haar huis vasgebind en erg in die gesig geslaan.

“My ma was Saterdag kort ná die aanval eintlik baie kalm. Sy het ons presies vertel wat gebeur het en geen verwyte gehad nie.

Soos die skok stelselmatig ingetree het, het haar toestand egter al hoe meer versleg en dit gaan regtig nie goed met haar nie,” het me. Jani Combrink (51), een van Van Niekerk se drie dogters, gister gesê.

Van Niekerk se hart het glo in ’n stadium gaan staan en sy is tans aan ’n ventilator gekoppel.

“Sy kan op die oomblik nie self asemhaal nie en haar bloeddruk is baie laag,” het Combrink gesê.

Dries Schreuder (59), Van Niekerk se skoonseun, het gesê ’n dokter het aan die familie gesê sy skoonma “het ’n skraal kans om te oorleef”.

Die rowers het volgens Combrink Saterdagoggend omstreeks 02:00 by die Ons Hoekie-aftree-oord oor Van Niekerk se muur gespring, ’n slaapkamervenster gebreek en daardeur geklim.

“Hulle het my ma se voete met ’n belt en haar hande met ’n serp vasgebind en nog ’n serp oor haar mond gebind,” het Combrink gesê.

“Hulle het haar so in die gesig geslaan dat haar oë bloedrooi en byna toegeswel was.”

Die twee rowers het Van Niekerk haar motorsleutels gevra en met haar TV, ’n radio en juwele in haar wit Mercedes-Benz A-klas gevlug.

Van Niekerk het haar losgewoel en moes daarna byna 200m loop om by ’n buurman hulp te gaan vra omdat haar naaste buurman nie tuis was nie.

Combrink het gesê haar ma was voor die aanval baie aktief en onafhanklik.

“Sy het alleen gebly, self rondgery en in die tuin gewerk. Sy was glad nie sieklik en hulpeloos nie.”

Combrink glo die rowers het haar ma moontlik as teiken gekies omdat sy alleen gebly en ’n motor gehad het.

Johannes Japhta, polisiewoordvoerder, het gesê die polisie ondersoek sake van huisroof en poging tot moord.

Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Enigeen met inligting oor die voortvlugtiges of wat die gesteelde wit Mercedes-Benz (registrasienommer PWV 715 GP) opgemerk het, kan ao. Tosen by 082 698 8032 bel of die Bronkhorstspruit-speurtak by 013 932 9200.

– Volg Nuus24 op Twitter

- Beeld

Lees meer oor: misdaad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
57 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Blip sê... Vryheidsparty? Die klein spintergroepie van die klein Inkatha partytjie? Wie gee om? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

C# Developer

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R180000 - R300000

Business Analyst

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R30000 - R40000

SAP Analyst – Automotive Industry

South Africa. Port Elizabeth
Hire Resolve
R300000 - R420000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

RENAULT

Clio 1.4 Expression 5-dr
2006
R 99,999.00

ISUZU

KB300 DTEQ D-Cab LX AT Dsl PU MY07
2011
R 299,994.00

ISUZU

KB250 c LWB Fleetside Dsl AC PU MY07
2011
R 180,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.