Rowers slaan toe op Ryk se swemakademie

2011-09-28 08:05
Tweets Share Share line Print

Bloemfontein - "Dit is vir my baie hartseer. ’n Mens probeer so hard om ’n verskil in jou land te maak. Dan is dit een tree vorentoe en twee treë terug.”

Só het die Suid-Afrikaanse swemheld, Ryk Neethling, Dinsdag gesê nadat sy swemakademie in Garsfontein, Pretoria, deur inbrekers gestroop en al die toerusting vir die Ryk Neethling-stigting se gemeenskapsprojek gesteel is.

Hy sê die beraamde waarde van die gesteelde goedere is minstens R50 000.

Neethling het die projek sowat twee maande gelede op die been gebring.

“Daar word weekliks 80 minderbevoorregte mense of mense met fisieke gestremdhede deur ’n groep instrukteurs geleer om te swem. Dit is 40 kinders en 40 volwassenes. Die swemlesse dien vir diegene met fisieke gestremdhede as ’n rehabilitasie-pro- ses,” sê Neethling.

Inbrekers het Maandagaand al die toerusting wat vir die projek gebruik is, gesteel. Dit sluit in kabels wat in die water gebruik word, handdoeke, swembroeke, ’n klankstelsel en radio en selfs koffie en lekkers wat vir die kinders uitgedeel word.

“Toe van die mense vanoggend (Dinsdagoggend) by die les opdaag, het hulle gevra waarom dit so stil is. Ons speel gewoonlik vir hulle musiek ook en nou is selfs die radio gesteel.”

Neethling sê wat hom veral hartseer maak, is dat die projek soveel aftrek kry en daar baie goeie terugvoer daaroor is.

“Dit voel goed om vir mense iets te doen. In die laaste paar weke het soveel ouers gesê hul kinders reageer goed op die swemterapie en kan nie uitgepraat raak oor hoe goed die instrukteurs met hul kinders is nie. ”

Neethling sê mense wat gehoor het van die inbraak, het reeds onderneem om te help met nuwe toerusting. Mense van oor die land heen en selfs oorsee het reeds aangebied om te help.

Vir meer inligting oor sy projek, gaan lees www.learntoswim.co.za

Die polisie ondersoek die diefstal.

Neethling het die laaste paar jaar kwaai onder misdaad deurgeloop.

In Oktober 2007 is ’n TV-stel, ’n DVD-speler en ’n skootrekenaar uit sy huis in Pretoria gebuit.

Op 30 Julie 2006 is by sy huis in Pretoria ingebreek terwyl hy vir middagete weg was. In dié voorval is die agterdeur oopgebreek.

’n DStv-dekodeerder, sonbril en ’n Telkom-telefoon wat hy op ’n geselligheid gewen het, is toe gesteel.

Op 1 Junie 2006 is by sy vorige woonstel in Johannesburg ingebreek. Toe is 40 van sy swemmedaljes gesteel.

Twee hiervan is later vervang.

Volg Nuus24 op Twitter.

- Volksblad

Lees meer oor: ryk neethling  |  misdaad  |  diefstal

Lewer kommentaar op hierdie artikel
24 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Blip sê... Vryheidsparty? Die klein spintergroepie van die klein Inkatha partytjie? Wie gee om? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

RENAULT

Clio 1.4 Expression 5-dr
2006
R 99,999.00

ISUZU

KB300 DTEQ D-Cab LX AT Dsl PU MY07
2011
R 299,994.00

ISUZU

KB250 c LWB Fleetside Dsl AC PU MY07
2011
R 180,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.