Rowers skiet vroulike karwag dood
2011-06-05 13:00
Johannesburg – ‘n Karwag is deur twee rowers by Kit Kat Cash and Carry in Pretoria-Wes doodgeskiet, het die Gautengse polisie gesê.
Kapt. Bonginkosi Msimango sê die voorval het Sondagoggend om 08:30 in Kerkstraat gebeur toe twee mans na die winkel gegaan het om voorraad te koop.
Die mans is deur twee gewapende mans aangekeer. Die rowers het R92 000 en R20 000 onderskeidelik by die mans gesteel.
‘n Vroulike karwag wat die voorval gesien het, het probeer om na die winkel te hardloop om die mans te help.
Een van die rowers het haar geskiet en sy is op die toneel dood verklaar.
Msimango sê die mans het in ‘n groen Volkswagen Golf op die vlug geslaan.
Niemand is tot dusver in hegtenis geneem nie.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA