Rowers skiet vrou in die rug

2009-09-28 08:42
Tweets Share Share line Print

Die 55-jarige Isabel Schonken is die naweek op ’n kleinhoewe oos van Pretoria van agter doodgeskiet terwyl sy vermoedelik in haar huis se gastebadkamer vir haar moordenaars probeer wegkruip het.

Sy is die tweede persoon wat binne 24 uur in ’n gewapende plaasaanval in dié omgewing vermoor is. Nog twee mense is gewond en ernstig beseer in dié aanvalle.

Lars Schonken (56), haar man en ’n sakeman, is in die bolyf geskiet in die aanval eergister om 02:00 naby Klipkop.

Schonken se skedel en gewrig is ook gebreek toe die rowers hom aangerand en met ’n pistool gekap het. Hy sterk aan in die Little Company of Mary-hospitaal in Groenkloof, Pretoria.

Beswaarlik 24 uur vroeër is Sheun Anderson (18) Vrydag in die vroeë oggendure op ’n kleinhoewe by Wag-’n-bietjieskop, buite Bronkhorstspruit, ook in ’n plaasaanval doodgeskiet.

Oomblikke voordat hy geskiet is, moes sy ma, Jeanine Anderson, toekyk hoe haar man, Robert (47), eienaar van ’n boumaatskappy, twee keer in die maag geskiet word.

Oor die tweede voorval het Héléne Rumsey (52), suster van Isabel Schonken wat ’n klipgooi van die Schonken-egpaar woon, gesê die rowers het ’n elektriese heining wat reg om die kleinhoewe gespan is stukkend geknip. Hulle het deur ’n oop glasdeur by die huis ingekom.

“Hulle het Lars in die slaapkamer oorval,” het Rumsey vertel. “Dit wil voorkom of my sussie in die sitkamer voor die televisie aan die slaap geraak en wakker geskrik het toe hulle Lars skiet.

“Sy is kort daarna deur die hart geskiet.

“Die rowers het probeer om Lars ook deur die hart te skiet, maar dit was gelukkig net ’n vleiswond,” het Rumsey bygevoeg.

Schonken het gevolglik sy bewussyn verloor. Toe hy kort daarna bykom, het hy sy pistool uit die kluis gaan haal en een van die rowers geskiet.

Hulle het volgens Rumsey met haar suster se handsak en selfoon en haar swaer se skootrekenaar gevlug.

Schonken het sy dogter, Sonja Smit, en haar man gebel. Hulle woon ook op die kleinhoewe. Smit se man, wat nie sy voornaam genoem wil hê nie, het sy bebloede skoonpa in die sitkamer en sy skoonma in die badkamer gekry. “Sy was reeds dood,” het hy gesê.

Hy het sy skoonpa na die hospitaal geneem.

Rumsey het gesê die egpaar se jongste dogter, Alma (17), was nie tydens die voorval tuis nie.

Sers. Monique Vermeulen, polisiewoordvoerder, het gesê die polisie het ’n bloedspoor tot by ’n grondpad naby die kleinhoewe gevolg waar die verdagtes moontlik in ’n voertuig geklim en gevlug het.

Die polisie het dokters en mediese personeel gevra om op die uitkyk te wees vir ’n man met ’n skietwond.

Volgens Rumsey het rowers twee weke gelede by háár huis probeer inbreek, maar die alarm het afgegaan en hulle het gevlug.

–Beeld

Lees meer oor: moorde  |  plaasmoorde  |  misdaad

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Blip sê... Vryheidsparty? Die klein spintergroepie van die klein Inkatha partytjie? Wie gee om? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

RENAULT

Clio 1.4 Expression 5-dr
2006
R 99,999.00

ISUZU

KB300 DTEQ D-Cab LX AT Dsl PU MY07
2011
R 299,994.00

ISUZU

KB250 c LWB Fleetside Dsl AC PU MY07
2011
R 180,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.