Rowers skiet sekuriteitswag dood
2009-12-02 21:33
Johannesburg - ‘n Sekuriteitswag is deur rowers doodgeskiet tydens ‘n gewapende rooftog by ‘n Spar-winkel in Primrose, Germiston het polisie gesê.
“Die rowers het die Spar-winkel, gewapen met pistole en aanvalsgewere, binnegekom en een sekuriteitswag doodgeskiet,” het kapt. Steady Nawa gesê.
Hy het gesê die sewe mans het te voet met ‘n onvermelde bedrag geld gevlug.
Enige persone met inligting kan die polisie in Germiston by 011-871-5000 kontak.