Rowers skiet man in die rug

2012-01-25 07:05
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – ’n Man is Maandagaand in Pretoria deur drie rowers oorval en in die rug geskiet terwyl hy vir sy gesin kos gemaak het.

Johan Geyer was net voor 21:00 Maandag in Hazelwoodlaan in Brooklyn, Pretoria, in sy kombuis besig toe die rowers hom oorval het.

“Die polisie ondersoek hoe die mans in die huis ingekom het,” het ao. Annabelle Middelton, polisiewoordvoerder, gesê.

Jaco La Cock, ’n buurman, het Geyer se vrou, Linsey, wat op die tweede verdieping van die huis saam met hul seun was, hoor gil en in sy Mitsubishi Pajero gespring om te gaan vasstel wat aangaan.

La Cock het die mans in die straat gesien. Nadat hy sy voertuig aangeskakel het, het hy besef hy het nie sy selfoon by hom nie. Hy het die huis ingehardloop om sy foon te kry.

“Toe ek weer by my motor kom, was hulle so 10 m weg en ek het gesien die een het ’n geweer in sy hand.

“Ek het dadelik gegil: ‘Whoa! Whoa! Whoa! en my rug op hulle gedraai.

“Hul aandag was nie op my gefokus nie en hulle het in my motor geklim en weggejaag.

“Ek het (die voertuigop­sporingsmaatskappy) Tracker gebel en hulle kon toe sien waar my voertuig ry,” het La Cock gesê.

Hy is toe na Geyer se huis vanwaar hy dr. Hans Jacobs, sy swaer, gebel het om te kom help.

Dié het Geyer probeer stabiliseer totdat paramedici opgedaag en hom met ’n skietwond deur sy rugstring na die Pretoria-Oos-hospitaal geneem het.

’n Polisievoertuig van Garsfontein het die Pajero in Atterburyweg gewaar en agternagesit.

Middelton het gesê die rowers het voor die Hoërskool Menlopark stilgehou, uit die Pajero gespring en weggehardloop.

Twee van die drie rowers het Paul de Beer en sy vrou in hul oprit in Whystraat voorgekeer en hul Mercedes-Benz probeer kaap.

Dit lyk of daar ’n struweling tussen die rowers en De Beer, wat vermoedelik in sy 60’s is, was en hy is in die arm geskiet.

Die rowers het toe van die toneel gevlug.

De Beer is daarna per ambulans na die Little Company of Mary-hospitaal in Groenkloof geneem.

Lede van die Brooklyn-, Garsfontein- en Villieria-polisiekantoor saam met Tshwane-metropolisielede en Hi-Risk-veiligheidsdienste het tot Dinsdagoggend vroeg ’n grootskaalse soektog na die mans aangepak.

Middelton het gesê daar is nog geen verdagtes aangekeer nie.

Die koeël wat Geyer getref het, het glo ook skade aan sy maag en lewer aangerig.

Die rowers het niks in sy huis gebuit nie.

Sy vrou het gesê hy is steeds in ’n kritieke toestand.

De Beer se familie het nie op navrae gereageer nie en dit is onbekend wat sy toestand is. 

Volg Nuus24 op Twitter

- Beeld

Lees meer oor: rowers  |  misdaad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
9 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Blip sê... Vryheidsparty? Die klein spintergroepie van die klein Inkatha partytjie? Wie gee om? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

X-Trail 2.0 4x4
2003
R 130,000.00

AUDI

A6 2.7 T Quattro Tiptronic MY00
2001
R 105,990.00

AUDI

A4 Avant 2.0 Multitronic
2007
R 279,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.