Rowers skiet klant buite Builders Warehouse dood

2012-02-22 11:11
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – ‘n Motoreienaar is doodgeskiet toe gewapende mans die voertuig in die parkeerterrein van ‘n Builders Warehouse wou kaap, het Massmart gesê.

Die voorval het Woensdagoggend net ná 06:00 in Sandton, Johannesburg, plaasgevind, het Massmart – wat Builders Warehouse besit – in ‘n verklaring gesê.

Die gewapende mans het die winkel verlaat en ‘n lid van die publiek, wat in die parkeerterrein stilgehou het, gekonfronteer, lui die verklaring.

Daar word vermoed dat die rowers ‘n wegkommotor wou kaap.

“’n Struweling het ontstaan en... ons moet met diepste en uiterste spyt bevestig dat die eienaar van die voertuig geskiet en noodlottig gewond is.”

Die maatskappy sê die mans het die winkel verlaat nadat hulle daarin misluk het om die kluis te steel.

Kapt. Kym Cloete sê werknemers en veiligheidswagte was besig om die winkel oop te sluit toe ‘n man hulle genader het. Die man het ‘n sekuriteitsuniform aangehad.

Die man het hulle met ‘n vuurwapen aangehou nadat hulle hom ingelaat het. Drie ander mans het by hom aangesluit.

Cloete sê die verdagtes wou kontant hê, maar “die werknemer is aangerand toe hy nie die kluis kon oopsluit nie.”

Op daardie oomblik het twee manlike klante by die winkel opgedaag en een van hulle is geskiet, het sy gesê.

Massmart sê die winkel sal vandag gesluit wees.

Volg Nuus24 op Twitter

- SAPA

Lewer kommentaar op hierdie artikel
56 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Blip sê... Vryheidsparty? Die klein spintergroepie van die klein Inkatha partytjie? Wie gee om? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

X-Trail 2.0 4x4
2003
R 130,000.00

AUDI

A6 2.7 T Quattro Tiptronic MY00
2001
R 105,990.00

AUDI

A4 Avant 2.0 Multitronic
2007
R 279,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.