Rowers se koeël verlam man dalk

2010-12-30 07:15
Tweets Share Share line Print

Mnr. Gordon Cooke gesels gister in die Unitas-hospitaal in Centurion oor die rooftog waarin hy geskiet is. By hom is me. Bianca Barrand, sy verloofde. (Foto: Deaan Vivier)

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Johannesburg - ’n Jong man sal waarskynlik nooit weer kan loop nie nadat ’n rowerskoeël sy rugstring getref het.

Gordon Cooke (27) en sy verloofde, Bianca Barrand, is in hul woonstel op ’n kleinhoewe in Jackaroo, net buite eMalahleni (Witbank), oorrompel en beroof.

Hulle was van plan om op 19 Februarie te trou.

Cooke het Sondag omstreeks 01:00 op die rowers afgekom toe hy ná werk tuis gekom het. Barrand en die paartjie se babadogter, Abigail (agt maande), het geslaap toe die rowers op Cooke toegeslaan het.

Hy het in ’n struweling met een van die rowers betrokke geraak en ’n koeël het hom tussen die nek en linkerskouer getref. Die koeël is deur sy rugstring.

Sy dokter sê daar is ’n skrale moontlikheid dat hy weer sal kan loop.

Cooke het Woensdag uit sy hospitaalbed in Centurion gesê hy is bly sy geliefdes het niks oorgekom nie.

Barrand sê sy het met Abigail op die vloer onder ’n kombers gaan lê.

“Ek het Gordon hoor skreeu, maar al wat deur my gedagtes gegaan het, is dat ek my kind moet beskerm.”

Die rowers het ’n wasmasjien op Cooke omgekeer voordat hulle met sy aktetas, ’n TV-stel en Barrand se beursie gevlug het.

“Ek is opgehuil en daar is nie meer emosie oor nie. Ons lewe is oornag onderstebo gegooi en ’n onverwagse lewenstryd wag nou,” sê Barrand.

Die polisie ondersoek die moontlikheid dat dieselfde bende twee weke gelede Jannie Brits, ’n tronkbewaarder, by sy huis op die gevangenisterrein buite die dorp doodgeskiet het. Die bende kan dalk met nog ’n gewapende rooftog, skaars 2 km van Cooke se woonstel, verbind word.

In al die voorvalle is met ’n .765 kaliber pistool geskiet.

Skaars 48 uur nadat Cooke geskiet is, het drie rowers op ’n kleinhoewe toegeslaan.

Volgens kapt. Eddie Hall, polisiewoordvoerder, het Martin Mare van Kromdraai, hoewe 132, Dinsdag omstreeks 02:50 wakker geword van ’n geraas in die huis.

Hy het na die kombuis gestap waar hy hom trompop teen drie gewapende mans vasgeloop het.

Een van die mans het hom met ’n .765 pistool in die maag geskiet.

Mare word in die Life Kosmos-hospitaal in eMalahleni behandel.

Hall sê ’n taakspan is ná die moord op Brits aangestel.

“Omdat dieselfde kaliber vuurwapen gebruik is, het die taakspan nou hul ondersoek uitgebrei om die twee jongste voorvalle in te sluit.”

- Beeld

Lees meer oor: skietery  |  misdaad

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Blip sê... Vryheidsparty? Die klein spintergroepie van die klein Inkatha partytjie? Wie gee om? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

X-Trail 2.0 4x4
2003
R 130,000.00

AUDI

A6 2.7 T Quattro Tiptronic MY00
2001
R 105,990.00

AUDI

A4 Avant 2.0 Multitronic
2007
R 279,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.