Rowers ontvoer bankbestuurder
2010-10-26 21:20
Johannesburg – Volgens die polisie in die Oos-Kaap het rowers ‘n bankbestuurder by sy woonstel ontvoer en gedwing om die Eerste Nasionale Bank (ENB) in Peddie oop te sluit.
“Die bankbestuurder en sy assistent is deur ses mans by sy woonstel in Peddie naby King Williamstown ontvoer,” het kapt. Ernest Sigobe, woordvoerder vir die Valke, gesê.
“Hulle is na die bank geneem en aanbeveel om die deure oop te sluit. Die verdagtes het met ‘n onbekende hoeveelheid geld van die toneel gevlug.”
Na bewering is niemand in die voorval beseer nie.
Geen verdagtes is nog in hegtenis geneem nie.
Die polisie het die gemeenskap gevra om navore te kom as hul enige inligting het wat daartoe kan bydra dat die verdagtes vasgetrek word.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA