Rowers kry swaar tronkstraf
2011-10-14 19:05
Pretoria – Twee mans van Mamelodi is tronk toe gestuur
nadat hulle drie jaar gelede by ‘n huis ingebreek en ‘n vrou en haar gestremde
seun aangeval en beroof het.
Die hooggeregshof in Pretoria het Charles
Sekwat i(23) ‘n tronkstraf van 50 jaar en sy medepligtige Timothy Tumiso (28) ‘n
tronkstraf van 38 jaar opgelê.
Hulle is vrygespreek van ‘n verkragtingsaak
aangesien die DNS-bewyse hulle uitgesluit het.
Beide mans is egter daarvan skuldig bevind dat
hulle die vrou en haar seun se kar sowel as ander items, gesteel het.
Die seun, wat doofstom is, is tydens die
voorval aangerand.
Die merke van waar hy geslaan is kon dae later nog gesien
word.
Die rowers het die vrou met ‘n tas oor die kop
geslaan en haar aan die bed vasgebind.
Regter Sulet Potterill het die rowers se
aksies as “wreed” beskryf.
Sekwati
is ook daarvan skuldig bevind dat hy in 2008 betrokke was by drie ander huisbrake in
Pretoria.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA