Rowers kap man se arm byna af
2010-01-13 12:47
Durban – ‘n Man se arm is Woensdag gedeeltelik met ‘n panga afgekap tydens ‘n rooftog by sy winkel in Pietermaritzburg, het nooddienspersoneel gesê.
“Die 37-jarige man se arm is gedeeltelik geamputeer nadat drie verdagtes sy winkel beroof het en hom met ‘n panga aangeval het,” het Jeff Wicks, Netcare 911-woordvoerder, gesê.
Hy het bygevoeg dat die man aangerand is en dat hy na die Netcare St. Anne-hospitaal in Pietermaritzburg gehaas is.
– Sapa