Rowers besteel winkeleienaar
2009-10-15 21:52
Johannesburg – Vier mans het Dinsdagnag by ‘n winkel in Bonabona in die Noordwes ingebreek en die winkeleienaar van ‘n onbekende hoeveelheid geld asook selfone, klere, DVD’s en ‘n DVD-speler beroof.
Volgens die Chinese winkeleienaar het sy in die winkel geslaap toe die verdagtes rondom 2:30am die diefwering voor die deur asook die deur oopgebreek het.
Die waarde van die items wat gesteel is beloop by die R14 500.
Die verdagtes is almal tussen die ouderdomme ban 17 en 26. Hulle is later in hegtenis geneem en het Donderdag in die hof verskyn op aanklag van roof. Die saak is uitgestel tot 29 Oktober vanjaar.
- Sapa