Rower wurg 9-jarige seun, kry agt jaar

2011-03-12 09:13
Tweets Share Share line Print

Kimberley – Iemand wat by ’n huis inbreek en ’n egpaar se negejarige kind verniel, verdien ’n pak slae. Dit is ook in die gemeenskap se belang dat só ’n rower ’n lang tronkstraf opgelê word.

Só het ’n streekhofaanklaer gister betoog voordat ’n streekhoflanddros Jacobus Kgatlane (33) van Greenpoint tot agt jaar gevangenisstraf weens huisbraak met die opset om te steel en roof gevonnis het.

Kgatlane, ’n werklose man, het die middag van 9 November verlede jaar by die huis van Ivan en Margareth Tolmay in die woonbuurt Herlear ingebreek terwyl hul seuntjie alleen tuis was.

Toe hy die kind gewaar, het hy hom vasgehou en gewurg. Hy het kaste in die vertrekke oopgeruk en goed uitgegooi.

Die egpaar het Kgatlane op heter daad by hul spruit in die huis betrap en ná ’n hewige stoeiery in hegtenis geneem.

Elmar Steyn, die aanklaer, het ter strafverswaring betoog dit is skokkend dat die privaatheid van ’n mens se huis so gruwelik geskend word.

Die egpaar Tolmay werk albei. Me. Tolmay het die knapie die middag met haar selfoon by die huis gelaat om haar man by die werk te gaan haal. Die huis was gesluit.

Kgatlane het die agterdeur oopgebreek en ingegaan.

In die “rillerverhaal” het mnr. Tolmay die booswig laatmiddag hier aangetref waar hy sy seun aan die nek vasgehou het.

In die daaropvolgende stoeiery het Tolmay ’n mes by die aanvaller afgevat en sy hande vasgebind. CD’s en mev. Tolmay se selfoon het uit sy sakke geval.

Mev. Tolmay het kneusings in die geveg opgedoen.

Die polisie het Kgatlane toe op die perseel in hegtenis geneem.

Steyn het gesê hoewel die seuntjie nie ernstig seergekry het nie, het hy sielkundige letsels oorgehou.

Hy kry steeds sielkundige behandeling.

Almal – ryk en arm – loop deur onder diewe wat by private wonings inbreek en kosbare besittings steel.

Streeklanddros Danie Schneider het by vonnisoplegging gesê Kgatlane het drie vorige veroordelings betreffende oneerlikheidsmisdrywe.

Hy is waarskynlik vroeg vrygelaat, want sy nuutste gevangenistermyn weens diefstal verstryk op 21 April. Dit wil voorkom Kgatlane se vorige vonnisse het nie die gewenste uitwerking op hom gehad nie.

Schneider het gesê huisbraak is ’n ernstige misdaad. Huis- en tuinhulpe, kinders, vroue en bejaardes word dikwels aangeval en beseer wanneer ’n dief by ’n woning inbreek.

Die seuntjie het ernstige trauma beleef.

Hy aanvaar dat die rower ten tyde van die voorval in ’n mate aangerand is, maar hy is nie ernstig beseer nie.

Vincent Mayisela van Regshulp Suid-Afrika het vir Kgatlane opgetreë.

- Volg Nuus24 op Twitter.

- Beeld

Lees meer oor: hofsake  |  inbrake

Lewer kommentaar op hierdie artikel
9 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Blip sê... Vryheidsparty? Die klein spintergroepie van die klein Inkatha partytjie? Wie gee om? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

C programmer

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R20000 - R30000

Business Development Manager

South Africa. Pretoria
Hire Resolve
R20000 - R24000

C# Developer

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R180000 - R300000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

X-Trail 2.0 4x4
2003
R 130,000.00

AUDI

A6 2.7 T Quattro Tiptronic MY00
2001
R 105,990.00

AUDI

A4 Avant 2.0 Multitronic
2007
R 279,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.