Rower wat vennoot beroof vir eers weer vry
2011-10-26 19:17
Johannesburg – ‘n Man wat daarvan beskuldig word dat hy ‘n
besigheid in Pretoria beroof het, se saak is van die hofrol geskrap.
Die saak moet verder ondersoek word en die
beskuldigde is intussen vrygelaat.
Luitenant-kolonel Lungelo Dlamini het gesê die
man was skynbar deel van ‘n groep van ses wat Sondag Alis Electronics in
Pretoria beroof het.
Die gewapende rowers het by die winkel
ingestorm en geld van ‘n kantoorwerker geëis.
“Skote is tussen die rowers en die slagoffers
afgevuur toe die mans van die toneel af vlug,” het Dlamini gesê.
Daar is vroeër berig dat die beskuldigde, Jason
Domingos , die Tsjeggiese sakeman Radovan Krejcir se vennoot was.
Dlamini kon egter nie dié inligting bevestig
nie.
Radovan Krejcir het self ‘n kriminele rekord.
Hy was uit op borgtog van R500 000 nadat hy ‘n versekeringsmaatskappy uit R4.5 miljoen bedrieg het deur te
maak asof hy kanker het.
Volg Nuus24 op Twitter.