Rower wat bejaarde vasbind op heterdaad betrap
2011-11-10 21:04
Johannesburg – ‘n Huisrower is in hegtenis geneem nadat hy Donderdag in Port Elizabeth op heterdaad betrap is, het die polisie in die Oos-Kaap gesê.
Die man (28) het by die huis van ‘n 91-jarige vrou ingebreek en haar in ‘n slaapkamer vasgebind, het kapt. Sandra van Rensburg gesê.
“Die vrou se kleinseun het omstreeks 14:00 by die huis aangekom toe hy opgemerk het dat die agterste skuifdeur gebreek is,” het sy gesê.
Die rower was steeds in die huis en het die 28-jarige kleinseun met ‘n skroewedraaier aangeval.
“’n Skermutseling het ontstaan en die kleinseun het die man by die huis uitgesleep, waar bure gehelp het om hom vas te hou totdat die polisie opgedaag het,” het Van Rensburg gesê.
Die man sal van aanranding en poging tot roof aangekla word.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA