Rower steek glo makker met mes dood
2009-11-10 02:54
Johannesburg – ‘n Onbekende man is Maandagmiddag in Soshanguve in Pretoria met ‘n mes doodgesteek, sê die polisie.
Kapt. Solly Marindi sê inwoners het die man rondom 16:00 in die straat sien afhardloop en toe gesien neerval.
“Hulle het gaan ondersoek instel en gesien dat die man met ‘n mes in die bors gesteek is. Hy is op die toneel dood,” het Marindi gesê.
Die man is glo in sy twintigs en Marindi sê die polisie glo die voorval is aan ‘n rooftog, wat rondom dieselfde tyd deur ‘n skoolseun aangemeld is, gekoppel.
“Die seun het gesê dat twee mans hom van R200 beroof het, maar dat hulle na die tyd begin baklei het oor die geld. Die een het glo toe die ander met ‘n mes gesteek, ” het Marindi gesê.
Polisie ondersoek nog die saak.
Sapa