Rower skiet vrou in huis
2010-01-06 16:39
Johannesburg – ’n Vrou van Noordwes is besig om aan te sterk ná sy vroegoggend tydens ’n huisroof geskiet is.
Luidens ’n verklaring wat namens provinsiale polisiekommisaris Lesetja Beetha uitgereik is, het die vrou en haar man gelê en slaap toe sy wakker word van ’n geluid uit die kombuis.
Sy het ondesoek ingestel en gesien die binnenshuise sekuriteitshek is gebreek toe die indringer haar sien, en op haar begin skiet.
Sy is in die heup getref, terwyl ’n tweede koeël die muur getref het.
Daarna het die rower weggehardloop, en die vrou se man het met haar hospitaal toe gejaag.
Sover is bepaal dat ’n DVD-speler en juweliersware gesteel is.
– Sapa