Rower skiet vrou dood
2010-01-21 21:49
Johannesburg - ‘n Vrou in haar dertigs is dood nadat sy buite ‘n kafee in Boksburg geskiet is.
Na bewering het sy en haar man by die kruising van Rondebult en Smith straat gestop om brood te koop.
‘n Onbekende gewapende man wou die kafee beroof en het ‘n paar skote afgevuur.
Die vrou is noodlottig gewond.
Minute nadat hulle gebel is, was Netcare 911 op die toneel.
Die vrou was egter dood nog voor hulle daar aangekom het.
Haar man het geen beserings opgedoen nie, maar was duidelik getraumatiseer.
- Sapa