Rower skiet polisiebeampte dood
2011-05-14 20:23
Polokwane - 'n 48-jarige polisiebeampte is in Mankweng, Polokwane, doodgeskiet toe hy probeer het om 'n rower aan te keer, het 'n polisiewoordvoerder Saterdag gesê.
Lt.kol. Mohale Ramatseba het gesê konst. Jan Motsidi Thaba Matseke was Vrydagaand besig om deur die Toronto-gebied in Mankweng te loop toe hy gesien het hoe 'n vrou beroof word.
"Die onbekende man het probeer om die vrou te beroof. Die beampte, wat nie aan diens was nie, het probeer om die vrou te help," het Ramatseba gesê.
Die beampte is in die heup geskiet en die verdagte het op die vlug geslaan.
"Thaba is na die Mankweng-hospitaal geneem, waar hy later dood is."
- Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA