Rower skiet man in winkel
2009-09-09 09:21
Johannesburg – Een persoon is gewond tydens ‘n gewapende rooftog in ‘n Spar-winkel in Springs, het polisie Woensdag gesê.
Volgens insp. Yakub Rasool het vyf gewapende mans die Spar rondom 19:30 Dinsdagaand ingegaan en die personeel en kliënte met gewere aangehou.
"Hulle het ‘n onbekende hoeveelheid geld gesteel en skote gevuur terwyl hulle gevlug het”, het Rasool gesê.
‘n Man is in die arm geskiet en hospitaal toe geneem vir behandeling.
Polisie sê die rowers het in twee voretuie van die toneel gevlug, ‘n wit Toyota Quantum bakkie en ‘n groen VW Golf.
"Die verdagtes word nog gesoek”, het Rasool gesê.
- Sapa