Rower skiet homself in die voet

2009-09-04 08:35
Tweets Share Share line Print

Virginia Kepler

Pretoria – ’n Rower wat ’n bejaarde egpaar in hul plaashuis in Tygerpoort, oos van Pretoria, oorval en van ’n haelgeweer beroof het, het homself met dié geweer in die voet geskiet.

Konst. Monique Vermeulen, polisiewoordvoerder, het gesê die egpaar het gisteroggend gesit en koeldrank drink toe twee gewapende mans by hul huis instap.

“Die mans het aan die oumense gesê hulle moet rustig wees en stil sit en dat hulle net ‘’n paar goedjies gaan vat’.”

Terwyl die een verdagte goedere bymekaargemaak het, het die ander hulle met ’n vuurwapen aangehou.

“Die een verdagte het toe ’n haelgeweer uit die oumense se kluis gesteel en terwyl hy na sy makker geloop het, het hy homself met die haelgeweer in die voet geskiet.

“Hulle het so groot geskrik dat hulle net met die haelgeweer en ander klein goedere gevlug het,” het Vermeulen gesê.

Die polisie het gistermiddag met die hulp van snuffelhonde en ’n helikopter na die beseerde rower gesoek deur sy bloedspoor in ’n koppie naby die plaas te volg.

Dié man is teen druktyd nog nie aangekeer nie.

Die egpaar is ongedeerd.

- Beeld

 

Lees meer oor: rooftogte  |  kan jy glo  |  misdaad

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Blip sê... Vryheidsparty? Die klein spintergroepie van die klein Inkatha partytjie? Wie gee om? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

X-Trail 2.0 4x4
2003
R 130,000.00

AUDI

A6 2.7 T Quattro Tiptronic MY00
2001
R 105,990.00

AUDI

A4 Avant 2.0 Multitronic
2007
R 279,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.