Rower op oud-Bok se plaas doodgeskiet

2010-03-02 14:49
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - Die polisie het 'n vermeende rower op die voormalige Springbok-rugbyspeler Chris Rossouw se plaas in Delmas doodgeskiet.

Kapt. Leonard Hlathi, 'n polisiewoordvoerder, het gesê owerhede het inligting van 'n beplande huisroof op Rossouw se plaas, Geluk, ontvang.

"Die polisie het die verdagtes op die plaas ingewag," het hy gesê.

Beamptes het toegeslaan toe die rowers by kantore op die plaas ingaan en rekenaarkabels begin uittrek om toerusting te verwyder.

Een van die mans was gewapen met 'n 7.65mm-pistool.

"Toe hy die vuurwapen oplig in 'n poging om die polisie te skiet, het 'n polisieman hom doodgeskiet," het Hlathi gesê.

Dié man is van Lesotho.

Nóg 'n rower, ook van Lesotho, is in hegtenis geneem.

Drie ander het gevlug en 'n soektog is van stapel gestuur.

Geen van die toerusting is gesteel nie.

Hlathi het gesê die inbrekers was reeds besig om kluise oop te breek toe die polisie op hulle afkom.

"Die verdagtes word ook met ander sake soos gewapende roof en huisroof in Delmas verbind," het hy gesê.

Rossouw was deel van die seëvieriende Springbok-span wat die Wêreldbeker in 1995 gewen het.

Hy besit die plaas saam met sy pa en broer.

Hlathi het gesê die Rossouw-gesin was ten tyde van die voorval in die huis op die plaas.

"Hulle het geweet van die polisie-aksie. Ons wag al vir 'n week op die plaas vir 'n inbraak om te gebeur."

– Sapa
 

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: misdaad  |  rooftogte

Lewer kommentaar op hierdie artikel
35 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Blip sê... Vryheidsparty? Die klein spintergroepie van die klein Inkatha partytjie? Wie gee om? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

X-Trail 2.0 4x4
2003
R 130,000.00

AUDI

A6 2.7 T Quattro Tiptronic MY00
2001
R 105,990.00

AUDI

A4 Avant 2.0 Multitronic
2007
R 279,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.