Rower kry 45 jaar - 9 dae na hy gevang is
2010-06-23 04:07
Bronkhorstspruit - Slegs nege dae nadat 'n rower in hegtenis geneem is, is hy 45 jaar tronkstraf in die Bronkhorstspruit Streekhof opgelê, sê die polisie.
Aldus polisiewoordvoerder Eugene Opperman het Jeffrey Shadrick Moyo 'n ooreenkoms met die staat bereik, skuldig gepleit en sy vonnis ontvang op aanklagte van roof en die besit van 'n onwettige vuurwapen.
Hy het 25 jaar vir die rooftog ontvang en 20 jaar vir die besit van die vuurwapen.
Moyo was glo 'n tuinier vir die klaer in die saak, voordat hy in 2009 in die pad gesteek is.
"Toe die skuldige egter destyds terugkeer by sy voormalige werknemer se huis om van sy besittings op te laai, het hy haar met 'n vuurwapen gedreig, haar vasgebind en aangerand. Hy is daar weg met geld en juweliersware," het Opperman gesê.