Rower deur motor getref
2011-07-23 23:10
Kaapstad – ‘n Rower wat probeer vlug het, het gesterf nadat hy Vrydagaand op die N3 in Durban deur ‘n motor getref is, het paramedici gesê.
Die rower het glo probeer om ‘n motoris te beroof wat vir hulp gewag het nadat sy motor sonder brandstof op die hoofweg gaan staan het.
Die voorval het naby Spaghetti Junction gebeur, het Vanessa Jackson, woordvoerder van ER24 gesê.
Die man is deur ‘n Opel Corsa getref nadat hy oor die hoofweg probeer hardloop het.
“Ons kan nie bevestig of die motoris beroof is nie,” het Jackson gesê.
Die 47-jarige bestuurder van die Opel Corsa is met ernstige beserings in ‘n hospitaal opgeneem.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA