Rower beveel slagoffer om te bid

2010-03-19 08:03
Tweets Share Share line Print

Sonja van Buul, Beeld

Johannesburg - “Bid, want ek skiet jou nou!”

Só het ’n rower gesê toe hy sy vuurwapen teen Corene Benade (42) se kop gedruk het net voordat hy en sy makkers gevlug het.

Hy het toe uitgebars van die lag en met ’n “ek maak net ’n grappie” koers gekry.

“Trauma op trauma,” het Benade, van die Rietspruit-kleinhoewes in die Vaalrand, Donderdag die twee uur lange gewapende rooftog op haar beskryf.

Die huisrooftog Woensdag toon sterk ooreenkomste met die voorval waartydens Hannetjie Benade (70), Benade se skoonma, in November 2008 net buite Henley-on-Klip beroof en vermoor is voordat haar hoewehuis aan die brand gesteek is.

Beeld het destyds berig hoe ’n buurman op 29 November daardie jaar op die bejaarde vrou se half verkoolde lyk afgekom het.

Volgens Benade het die huisrowers haar en twee werknemers, Mutle Mvunwla en Jacob Phuti, Woensdag skuins voor 09:00 oorval.

“Vanaf daardie oomblik was ek in dieselfde hel as my skoonma en het ek aanhoudend hardop gebid,” het sy gesê.

Die rowers het herhaaldelik gedreig om haar te verkrag, te vermoor en die hoewehuis af te brand.

Die rowers het ook gedreig om haar met ’n strykyster te brand en met ’n boormasjien gate in haar nek te boor.

Sy het die rowers R700 gegee en haar man, Johan (49), se wapenkluis oopgesluit.

Johan was uitstedig en hul kinders, Chantelé (15) en Johan jr. (9), by die skool.

Die rowers het op meer geld aangedring en selfs met ’n hoekslyper nog ’n kluis, waarvan Corene nie die slotkode geken het nie, oopgesny.

Dít terwyl sy op haar knieë steeds hardop gebid en die rowers een van Johan se wapens teen haar kop gedruk het.

“Hulle het gesê ek moet ophou (bid), maar Ons Hemelse Vader het my in Sy arms toegevou. Hulle kon hulself nie sover kry om my te brand, vermoor of te verkrag nie. Selfs die boormasjien is my gespaar.”

Die rowers is kort daarna weg met onder meer die geld, selfone en juwele en haar man se drie jaggewere.

Johan was in Randfontein en het besef “iets is nie pluis nie” toe hy Mvunwla bel omdat sy vrou nie haar selfoon antwoord nie. Mvunwla, wat heeltyd saam met Phuti in die gang vasgebind gelê het, het hom fluisterend gewaarsku.

“Ek het ons buurman, Des Long, gebel en hy het my vrou, wat haarself intussen bevry het, te hulp gesnel.”

Die Kliprivier-polisie was, volgens die Benade-egpaar, “binne minute” op die hoewe en verdien ’n pluimpie vir hul knap optrede.

“Ons het nog nie eers die wrede moord op my skoonma verwerk nie, haar moordenaar(s) is nog op vrye voet en nou dit.

Dis trauma ná trauma,” het Corene gesê.

- Beeld
 

Lees meer oor: rooftog

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Blip sê... Vryheidsparty? Die klein spintergroepie van die klein Inkatha partytjie? Wie gee om? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Business Analyst

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R30000 - R40000

SAP Analyst – Automotive Industry

South Africa. Port Elizabeth
Hire Resolve
R300000 - R420000

Network Engineer (CCNP and CCSP)

Johannesburg, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

X-Trail 2.0 4x4
2003
R 130,000.00

AUDI

A6 2.7 T Quattro Tiptronic MY00
2001
R 105,990.00

AUDI

A4 Avant 2.0 Multitronic
2007
R 279,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.