Rottweiler word dalk van kant gemaak

2012-01-21 10:28
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Die rottweiler wat die tweejarige Meeka Riley Lackay verlede Woensdag op Clifton-strand gebyt het, gaan dalk van kant gemaak word.

Volgens Neil Arendse, woordvoerder van die stadsraad se wetstoepassingsdepartement, het die raad ’n verantwoordelikheid jeens die publiek en hul veiligheid.

“Die moontlikheid is dus sterker dat die hond van kant gemaak kan word,” het hy gesê.

Die hond en sy eienaar, wat homself ’n honde-gedragspesialis en -fluisteraar noem, is sedert verlede week in die kollig nadat dié hond Meeka aan die rug en been gebyt het.

James Lech se hond was nie aan ’n leiband nie en hy is met R1500 beboet.

Die hond word by die Kaap de Goede Hoop Dierebeskermingsvereniging (DBV) in Grassy Park versorg.

Volgens Arendse is die hond nie deur die DBV geëvalueer nie omdat hy reeds bewys het dat hy mense kan byt.

Lech sou vandeesweek ’n verklaring uitreik oor die voorval.

Lech het Vrydag aan Die Burger gesê daar is feite oor die voorval wat nagegaan moet word en dit is die rede hoekom die verklaring nog nie uitgereik is nie.

Volgens Arendse het die stadsraad geen vertoë van Lech ontvang om sy hond terug te kry nie. 

- Die Burger

Lees meer oor: rottweiler

Lewer kommentaar op hierdie artikel
17 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Blip sê... Vryheidsparty? Die klein spintergroepie van die klein Inkatha partytjie? Wie gee om? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

X-Trail 2.0 4x4
2003
R 130,000.00

AUDI

A6 2.7 T Quattro Tiptronic MY00
2001
R 105,990.00

AUDI

A4 Avant 2.0 Multitronic
2007
R 279,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.