Rottweiler wat meisie byt, uitgesit
2012-02-02 16:59
Kaapstad – Die Rottweiler wat ‘n tweejarige meisie verlede maand op ‘n strand in Clifton gebyt het, is uitgesit, het die Cape Argus berig.
Neil Arendse van die munisipale wetstoepassingsdepartement sê die hond, “D”, is Woensdag om 15:00 by ‘n privaat veearts wat deur sy eienaar, James Lech, gekies is, uitgesit.
Lech bestuur ‘n honde-opleiding- en rehabilitasiesentrum in Kampsbaai en ag homself as ‘n hondefluisteraar.
“Ons hoof het mnr. Lech ingelig van die besluit om die hond vanoggend (Woensdag) uit te sit...” het Arendse gesê.
Hy het bygevoeg dat die kriminele saak teen Lech sal voortgaan.
Lech se hond het Meeka Riley Lackay 11 keer gebyt en sy moes geopereer word.
– Lees die volledige berig by die Cape Argus
– Volg Nuus24 op Twitter