Rottweiler byt kind (2) op Clifton-strand
2012-01-11 17:27
Clifton – ‘n Tweejarige meisie is beseer nadat sy na bewering deur ‘n hond op Clifton se hoofstrand gebyt is, het paramedici gesê.
André Visser, ‘n woordvoerder vir ER24, sê die oorsaak van Woensdagmiddag se voorval is onbekend.
Hy sê die meisie was in baie pyn toe paramedici by die strand opgedaag het.
‘n Dokter wat op die strand was, het die meisie bygestaan.
Volgens Visser het die Rottweiler die kind in die linkerkuit gebyt.
Die meisie is op die toneel behandel voordat sy na die Kaapstadse Medi-Clinic geneem is.
Visser sê dis onbekend wat met die hond en sy eienaar gebeur het.
Volg Nuus24 op Twitter
- Nuus24