Rotte byt glo baba dood
2011-06-02 10:01
Johannesburg – 'n Baba is klaarblyklik deur rotte doodgebyt in Orlando-Oos, Soweto, terwyl haar ma by 'n partytjie was, berig The New Age.
Bure het gesê hulle het die kind in die middel van die nag hoor huil. Teen die oggend was die kind se lyk vol bloedige rotbyte.
Die kind se tienerma was glo heel aand by 'n partytjie.
Ao. Bongani Mhlongo het gesê die kind se ma in Maandag in hegtenis geneem. Sy het reeds in die hof verskyn en is op borgtog vrygelaat.
"Ons is omstreeks 09:00 na die toneel uitgeroep van 'n baba wat deur rotte doodgebyt is. Die ma van die kind is in hegtenis geneem en staan tereg op aanklagte van strafbare manslag en nalatigheid."
Hy het gesê die baba was nie warm aangetrek nie en vol bloed.
"Die kind was nie warm aangetrek nie, so dit kon bygedra het tot haar dood."
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA