Rosestad kry wél nuwe hospitaal

2010-07-21 09:35
Tweets Share Share line Print

Volksblad

Ten spyte van die dreigende gesondheidskrisis in die Vrystaat wat verlede week tot vyf sterftes gelei het, gaan die provinsiale regering voort met die bou van die nuwe ultramoderne hospitaal wat belastingbetalers R452 miljoen uit die sak gaan jaag.

Bouwerk aan die hospitaal, wat die Nasionale Hospitaal in Bloemfontein gaan vervang, gaan in die 2011-’12-boekjaar begin.

Dr. Aaron Motsoaledi, nasionale minister van gesondheid, sê altesaam R30miljoen is vir dié boekjaar begroot.

Hy sê die hospitaal gaan na verwagting in die 2015-’16-boekjaar voltooi wees en sowat R90 miljoen is vir mediese toerusting en meubels begroot.

Jabu Mbalula, woordvoerder van die provinsiale gesondheidsdepartement, het aan Volksblad gesê die hospitaal gaan op munisipale grond oorkant die voormalige Vista-universiteit in die suide van Bloemfontein gebou word. Dit is net sowat 3km van die Pelonomi-hospitaal, die trauma-hospitaal.

Mbalula sê dié ligging sal dit toeganklik maak vir pasiënte wat van onder meer Petrusburg, Boshof en Reddersburg verwys word.

Die Vrystaatse premier, Ace Magashule, het altesaam drie nuwe hospitale – een in Bloemfontein, een op Trompsburg en een op Ladybrand – in Februarie vanjaar in sy provinsiale rede aangekondig. Hy het gesê daar is besluit om dié hospitaal te bou omdat dit meer sou kos om die Nasionale Hospitaal op te knap.

Motsoaledi sê die nuwe hospitaal gaan onder meer ’n noodeenheid, twee teaters en verskeie sale insluit. Hy sê dit gaan altesaam 400 beddens hê.

Dit gaan dus groter as die Medi-Clinic in Bloemfontein wees wat 377 beddens het. Hierdie hospitaal het egter altesaam 12 teaters.

Die Nasionale Hospitaal-gebou gaan, volgens Motsoaledi, in ’n sentrum vir gemeenskapgesondheid omgeskep word. Hierdie sentrum gaan steeds onkologie-dienste bied.

Die bou van die nuwe hospitaal het baie kritiek uitgelok weens die probleme waaronder die provinsiale gesondheidsdepartement gebuk gaan.

Dié departement het meer as 12000 vakante poste en is miljoene rande agterstallig met die aankoop en opgradering van mediese toerusting.

Luidens ’n verslag van die portefeuljekomitee vir gesondheid en maatskaplike ontwikkeling is daar ’n kritieke tekort aan medisyne en ambulanse by die meeste van die hospitale in die provinsie.)?Intussen het Volksblad vertroulik verneem dat die Vrystaatse gesondheidsdepartement ’n taakspan aangestel het om die vyf sterftes by die MUCPP-gemeenskapsdienssentrum in Bloemfontein te ondersoek. Dié kritieke pasiënte is in dié sentrum se siekeboeg opgeneem vir behandeling pleks van in die hospitaal.

Mbalulasê dit is ongehoord dat ’n pasiënt in ’n kritieke toestand na die MUCPP verwys word. Die sentrum kan volgens hom nie die behandeling bied wat ’n pasiënt in ’n kritieke toestand nodig het nie.

- Volksblad

Lees meer oor: hospitale

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Gotterdammerung sê... As oud SAP spec eenheid lid kan ek nie glo die totale verval van die polisie nie, ek het gister gevra oor opleiding maar al wat ek gekry het was 'n paar snedige kommentare - my gevolgtrekking is dat baie gelukkkig is met die status quo so moet nie kla nie - die polisie is suksesvol getransformeer Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 14-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-21°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 5-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-27°C Sunny. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Java Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
Market Related

Java Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
Market Related

IT Manager

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 124,995.00

BMW

320d E90 Dsl AT
2007
R 265,000.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.