Rosendal-brand geblus
2010-09-08 16:05
Johannesburg – Die brand wat Woensdagoggend nog by Rosendal in die Vrystaat gewoed het, is die middag geblus, het Working on Fire (Wof) gesê.
“Op hierdie stadium is die brand geblus. Brandweerpersoneel het die toneel verlaat,” het Saayman Rossouw, woordvoerder vir Wof, gesê.
Die brand by Rosendal het sowat 6 000 hektaar grond verwoes.
Die ander twee brande is Dinsdag geblus.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA